Tuesday 29 August 2017

Schalk Jansen besoek die skool...

HTS het vandag besoek gekry van een van sy oudleerders, Schalk Jansen, wat in 1993 matriek geskryf
het. 'n Bondel stories het gestalte gekry en hierdie jaargroep beplan om volgende jaar 'n reünie in die hartjie van die Goudvelde te kom hou! Dit sluit die vele oorsese Tekkies in - julle vyf daar in Engeland - ons kyk uit vir julle!

Dit was heerlik om al die stories te hoor en Tekkie Tonic gaan van tyd tot tyd daarvan plaas - stuur asseblief nog stories na die e-posadres (aldawelman@gmail.com)...

Een van die vele staaltjies het gaan draai by die tugtiging van hulle wat moeilik gehoor het en daarom gereeld 'n besoek aan die hoof se kantoor moes gebring het. Die gang na die hoof se kantoor is lank en Schalk noem toe dat daar presies 47 blokkies is...